Leer om … nooit oor God se goedheid te wonder nie

Teleurstellings kan lei tot ’n dieper verbintenis met God, sê KARIEN BASSON, aanbieder van die AANLYN KURSUS As jy (stilweg) wonder oor God se goedheid. 

Hoe die heilige gees jou sterk maak in moeilike tye

 Omstandighede verander voortdurend, onverwags en buite jou beheer. Dit kan jou geloof laat wankel ... of juis laat groei. Kies om alles wat jy beleef te sien as leerskool. Daarna kan jy die volgende seisoen met selfvertroue binnegaan.  

Net jy kan elke eienskap wat jy ontvang het, ontwikkel en gebruik. Dit gebeur ...

Teleurstellings kan lei tot ’n dieper verbintenis met God, sê KARIEN BASSON, aanbieder van die AANLYN KURSUS As jy (stilweg) wonder oor God se goedheid. 

Hoe die heilige gees jou sterk maak in moeilike tye

 Omstandighede verander voortdurend, onverwags en buite jou beheer. Dit kan jou geloof laat wankel … of juis laat groei. Kies om alles wat jy beleef te sien as leerskool. Daarna kan jy die volgende seisoen met selfvertroue binnegaan.  

Net jy kan elke eienskap wat jy ontvang het, ontwikkel en gebruik. Dit gebeur wanneer jy jou oopstel en toelaat dat die Heilige Gees karaktertrekke in jou vestig.  

Hierdie kenmerke gaan jou maak wie jy veronderstel is om te wees. Daar gaan tye wees waar jy voor uitdagings te staan kom.  

Situasies waar jy ’n besluit moet neem en kies tussen die maklike of die eerbare opsie. Dit is hier waar die karakter wat jy met sorg opgebou het na vore kom.  

Gaan jy gereed wees om in die hitte van die stryd, volgens Sy voorbeeld, nie tou op te gooi nie, maar te volhard en te doen wat van jou verwag word?  

 Wanneer jy in ’n moeilike situasie is, hoef jy nie gedwonge te voel om besluite te neem as jy nie ’n duidelike riglyn ontvang het nie. Geen mens het al die antwoorde nie.  

Maar ons kan vra vir hulp om Sy stem te hoor. As Hy iets vir jou wys, doen dit. As die antwoord nie dadelik kom nie, bly rustig.  

Vertrou en weet dat dit wat jy nie kan doen nie, vir jou gedoen sal word. ’n Groot deel van vertroue is om onbeantwoorde vrae te hê.  

As jy al die antwoorde gehad het, sou dit nie meer nodig wees om God te vertrou nie. Dit is die intieme skakeling wat Hy met ons het.

Vertrou dat God ’n volmaakte plan het vir jou toekoms

Wanneer jy jou lewe met ’n potlood in ’n hemelse Hand vergelyk, mag dit dalk voel of jy partykeer in verkeerde hande gesit is. Miskien het die skerpmaaksessies jou geknou …  

Dit laat jou wonder of jy enigsins nog ’n doel het. Of jy nog van waarde is en waarom die lewe só moes uitdraai? 

 Deuteronomium 23 sê: Hy is die rots, Sy werk is volmaak, alles wat Hy doen is regverdig en Hy is die getroue God sonder onreg en betroubaar.   

Dit beteken jy kan steeds jou “merk maak”. Dit maak nie saak wat gebeur het nie. Gebruik die oppervlak wat God vir jou gegee het en krabbel en skryf en teken na hartelus voort.  

In 1934 het Glen Cunningham die myl in vier minute en 8 sekondes gehardloop. Die wêreld se vinnigste binnenshuise myl!    

As agtjarige het hy in ’n brand soveel wonde aan sy onderlyf opgedoen, dat hy in ’n rolstoel vasgekluister was.  Maar hy het nooit moed verloor nie.  

Daagliks het hy homself uit sy rolstoel gegooi en hom teen ’n heining opgesleep. Só het hy weer leer loop. En jare later kon hy selfs weer hardloop! 

Nie alles in jou lewe gaan vlot verloop nie. Net jy kan jouself, jou situasie en jou emosies bemeester. Jou geloof gee jou die krag en waagmoed, maar jy moet met geesdrif en dapperheid leef. 

Deel die artikel

Méér artikels

Wat doen jy om betekenisvolle tyd saam met God te spandeer? Ons vra die geloofsvroue van die AANLYN KURSUS Is jy te besig vir God? ...

Scroll to Top