Maak jou kind reg groot

Maak jou kind reg groot

“Maak ek my kind reg groot?” Dit is ’n vraag waarmee elke ma worstel. Só kry jy jou kroos lag-lag reg vir die lewe.

Laat jou kinders veilig voel by jou

Jou kinders sal hulle nie altyd perfek gedra nie. As jy egter konsekwent bly, is jy goed op pad om ’n gelukkige, goed aangepaste kind groot te maak.

Laat jou kind veilig voel by jou. Jou kind wil weet daar is iemand in die wêreld wat betroubaar is, iemand op wie hy fisies en emosioneel kan ...

“Maak ek my kind reg groot?” Dit is ’n vraag waarmee elke ma worstel. Só kry jy jou kroos lag-lag reg vir die lewe.

Laat jou kinders veilig voel by jou

Jou kinders sal hulle nie altyd perfek gedra nie. As jy egter konsekwent bly, is jy goed op pad om ’n gelukkige, goed aangepaste kind groot te maak.

Laat jou kind veilig voel by jou. Jou kind wil weet daar is iemand in die wêreld wat betroubaar is, iemand op wie hy fisies en emosioneel kan staatmaak.

Probeer om elke dag minstens 15 tot 20 minute vir elke kind opsy te sit. Skakel die selfoon af en gee hom jou volle aandag.

Probeer die stres in jou gesin laag hou. As jy gespanne is, sal die hele gesin dit aanvoel en sal dit ook jou optrede as ouer beïnvloed. Dis heeltemal in die haak as daar ten minste een ouer is wat baie tyd saam met die kinders deurbring.

Moet nooit kinders se vrese afmaak as simpel of hulle dwing om hulle vrese trompop te loop nie. Laat hulle toe om dit te verwerk. Vrese verdwyn vinniger as jy hulle die versekering gee dat hulle veilig is.

Jy moet jou kinders straf en beloon. ’n Goeie baas stel duidelike grense en reëls en deel verantwoordelikhede en belonings uit: “Wys my wat jy gedoen het, dan word jy beloon.” Jou kinders moet dus aan sekere gedragsvereistes voldoen voordat hulle beloon word. Die belonings moet vryhede en gunsies wees wat by hulle ouderdom pas.

Kinders moet leer om ander se gevoelens ook in ag te neem. Die “wys my en jy word beloon”-beginsel is ’n uitstekende manier om veral jong kinders te leer om dit te verstaan.

Berei jou gesin voor vir die lewe

Wys jou kinders gedurig wat respek is, en versterk dit met belonings as hulle reg optree.

As jou kind in woede uitbars, stap eenvoudig weg – dis nie pret as daar nie toeskouers is nie! Sodra sy ophou, kan jy haar prys dat sy haar selfbeheer teruggekry het. Moenie haar met geskenke beloon nie!

Moet nooit wys dat jy onseker is of nie presies weet hoe om ’n situasie te hanteer nie. Dwing respek af, maar wys ook dat jy omgee. Dis wanneer jou kind waardevolle lesse leer oor hoe om die lewe aan te pak.

Berei hulle voor op die wêreld. ’n Mens wil tog so graag jou kind in watte toedraai en teen die aanslae van die wêreld beskerm, maar die wêreld met al sy eise wag vir almal. Help hulle so as dinge skeefloop:

• Sy is heerssugtig en baasspelerig. Gee haar wat sy nodig het, maar stop alle belonings en voorregte. Sê waarom jy dit doen. As sy wys dat sy verander, kan jy weer vryhede en gunste toelaat.

• Hy is veeleisend, sommer gewoon bederf of neul gedurig. Dis ouers wat veroorsaak dat kinders so veeleisend is. Moenie bederf nie!

• Hy jok of steel. Verduidelik mooi vir jou kind hoe erg sy gedrag ook al was, die wêreld sal hom nog meer veroordeel as hy daaroor jok.

• Bakleiery oor takies. Maak dit duidelik dat die werk van hulle verwag word, en leer hulle om trots te wees daarop. So voel hulle dat hulle iets bereik het en tot die gesinslewe bydra.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy en skuldgevoelens oor jou kinders is dalk al ou vriende. Wees gerus, selfs mense met baie kennis oor kinderopvoeding maak soms ’n blaps. Opvoeding ...

Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...

Scroll to Top