Maak jy ’n regte brat groot?

Maak jy ’n regte brat groot? 

Om vir jou kind ontwerpersklere te koop of die pennesakkie wat sy vergeet het, skool toe te vat, klink onskuldig. Maar onthou, bederf het gevolge... 

Moenie afhanklik wees van jou kind se goedkeuring nie 

Jy kom Saterdag ná ’n werkseminaar by die huis. Jou ooreenkoms met jou dogter was dat sy by ’n vriendin mag oorslaap indien haar huiswerk klaar is en die woonkamer opgeruim is.

Sy lê en series kyk in ’n deurmekaar woonkamer, met die skooltas nog net waar sy dit Vrydag neergesit het. Toe ...

Om vir jou kind ontwerpersklere te koop of die pennesakkie wat sy vergeet het, skool toe te vat, klink onskuldig. Maar onthou, bederf het gevolge… 

Moenie afhanklik wees van jou kind se goedkeuring nie 

Jy kom Saterdag ná ’n werkseminaar by die huis. Jou ooreenkoms met jou dogter was dat sy by ’n vriendin mag oorslaap indien haar huiswerk klaar is en die woonkamer opgeruim is.

Sy lê en series kyk in ’n deurmekaar woonkamer, met die skooltas nog net waar sy dit Vrydag neergesit het. Toe jy weier dat sy oorslaap, is dit ’n tranedal en deure wat klap. Omdat jy skuldig voel, gee jy later teësinnig toe.

Bederf is nie net om oordadig alles te gee wat jou kroos begeer nie. Dis ook om hulle nie die gevolge van hulle verkeerde keuses te laat beleef nie.

Só begin sy gou glo dat alles haar toekom en dat ander daar is vir háár gerief. Sy word nooit uitgedaag en geleer om die werklikheid van die lewe in die oë te kyk nie. As jou kind tot nou toe elke keer skotvry daarvan afgekom het, is dit gelukkig nog nie te laat nie.

Baie ouers gee oordadig omdat hulle liefgehê wil word, belangrik wil voel, ’n magsbasis wil kry of nodig wil voel. As jy bang is om nee te sê omdat jy van jou kinders se liefde afhanklik is, verskuif eerder hierdie behoefte na jou ander verhoudings.

As sy huil oor ’n duur speelding, huiswerk, huistake of ’n verlore geleentheid omdat sy nie haar deel gedoen het nie, wat gaan jy doen? Jou reaksie het ontsaglike implikasies vir haar karaktervorming.

Kinders se gedrag is meestal die gevolg van die ouer se gedrag. Jou standaarde en waardes moet sterker as hulle onvolwasse wense wees, sodat hierdie waardes uiteindelik hulle eie word. Hulle weet nie altyd wat die beste vir hulleself is nie.

Moenie dat hulle pyn jou besluite rig nie. Kinders besef uiteindelik dat hulle ouers werklik omgee. Wys empatie tydens ’n emosionele uitbarsting, maar bly by die reëls en wees bereid om vir ’n oomblik ongewild te wees.

Kinders moet eienaarskap van hulle probleme aanvaar

Wanneer jou kind self met ’n onderwyseres gaan praat wat onbillik was, leer sy om verantwoordelikheid te neem vir haar gevoelens, houding en gedrag.

Deur huistakies te doen, leer sy die verskil ken tussen “ek kan nie” en “dit is moeilik of ongemaklik” – ’n waardevolle les!

Elke kind kom in die wêreld met die behoefte dat dinge moet verloop soos sý dit wil hê. Sy is geneig om te dink dat haar ouers, onderwysers en vriende ter wille van haar bestaan. Om haar die teendeel te leer, moet ’n ouer self duidelike grense hê.

Hou op skuldig voel en wys haar eerder dat sy nie die enigste een is wat saak maak nie. Gee soms aandag aan jou eie belangstellings en leer boet en sus om daardie tye te respekteer.

Daar moet ’n balans wees tussen voorsiening in hulle behoeftes en gesonde frustrasie omdat hulle nie alles kry wat hulle wil hê nie. Behoeftes is byvoorbeeld ’n baba wat liefde en versorging vra of tieners wat geleenthede nodig het om vaardighede en talente te ontwikkel.

Natuurlik is dit reg om in haar behoeftes te voorsien, maar sy mag nie in oormaat kry en totaal in beheer van alles wees nie. Sy moet van jongs af die klein dingetjies kan raaksien en waardeer.

Wees bereid om jou kind se seer en frustrasie oor tydelike dissipline te verduur sodat sy daardeur kan groei. Verstaan hoe sy voel, maar voer jou besluite deur. Die dure les wat sy hieruit sal leer, is om voortaan beter keuses te maak.

Die Here het vir kinders ouers gegee: om hulle lief te hê, struktuur te gee en tot volwassenheid te lei – sonder bederf!

Deel die artikel

Méér artikels

Kinders moet perke hê. Dit leer hulle om te weet wie hulle is en waarvoor hulle verantwoordelik is. Maar hoe sê jy op die regte ...

Jy en skuldgevoelens oor jou kinders is dalk al ou vriende. Wees gerus, selfs mense met baie kennis oor kinderopvoeding maak soms ’n blaps. Opvoeding ...

Scroll to Top