
Maak jy ’n regte brat groot?
- Oulike ma
- Marietjie Smith
Om vir jou kind ontwerpersklere te koop of die pennesakkie wat sy vergeet het, skool toe te vat, klink onskuldig. Maar onthou, bederf het gevolge...
Moenie afhanklik wees van jou kind se goedkeuring nie
Jy kom Saterdag ná ’n werkseminaar by die huis. Jou ooreenkoms met jou dogter was dat sy by ’n vriendin mag oorslaap indien haar huiswerk klaar is en die woonkamer opgeruim is.
Sy lê en series kyk in ’n deurmekaar woonkamer, met die skooltas nog net waar sy dit Vrydag neergesit het. Toe jy weier dat sy oorslaap, is dit ’n tranedal en deure wat klap. Omdat jy skuldig voel, gee jy later teësinnig toe.
Bederf is nie net om oordadig alles te gee wat jou kroos begeer nie. Dis ook om hulle nie die gevolge van hulle verkeerde keuses te laat beleef nie.
Só begin sy gou glo dat alles haar toekom en dat ander daar is vir háár gerief. Sy word nooit uitgedaag en geleer om die werklikheid van die lewe in die oë te kyk nie. As jou kind tot nou toe elke keer ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dit bly ’n raaisel hoekom kinders wat in dieselfde huis grootword, dikwels so baie verskil. Het dit dalk iets met die geboorteorde in die gesin ...
Help jou kleuter, tiener en jong volwasse kind om haar karakter te ontwikkel sodat sy selfstandig kan wees en haar plek in die samelewing kan ...