As jy met seer en stywe gewrigte saamleef, weet jy hoe dit jou daaglikse aktiwiteite beperk. Jy is nie die enigste een wat hiermee sukkel nie. ThreshHold Real MSM ondersteun gewrigsgesondheid, verminder ongemak en verbeter beweeglikheid.
Verstaan watter impak chroniese pyn op jou lewenskwaliteit het
Sowat 10 miljoen mense in SA leef met chroniese pynfrika leef sowat 10 miljoen mense met chroniese pyn.
Hoe ouer jy word, hoe groter word jou kans om hieraan te ly. Een uit elke drie mense ouer as 65 jaar word geraak.
Chroniese pyn verander elke aspek van jou lewe. Aanhoudende pyn lei dikwels tot frustrasie, woede, angs en selfs depressie.
Baie mense begin hulself onttrek van aktiwiteite wat hulle vroeër geniet het, wat tot eensaamheid en ’n afname in welstand kan lei. Dit versteur jou slaap, veroorsaak moegheid, en kan jou geheue en konsentrasievermoë aantas.
Pyn- en anti-inflammatoriese middels wat algemeen voorgeskryf word, kan risiko’s vir langdurige gebruik inhou. Newe-effekte sluit in spysverteringsprobleme soos sooibrand, maagsere en bloeding, asook hart- en nierprobleme, hoë bloeddruk, hartaanvalle, beroertes en selfs nierskade.
Neem die eerste tree na pynverligting.
Wanneer jy jou ThreshHold Real MSM op die Living Naturally-webtuiste bestel, is die afleweringsfooi R30. As jy drie of meer produkte koop, is aflewering gratis!
Hoe swael ingespan kan word om seer en inflammasie te behandel
Swael is ’n noodsaaklike mineraal wat ’n belangrike rol speel in die liggaam se vermoë om pyn en inflammasie te beheer.
Dit is ’n sleutelkomponent van bindweefsels soos kraakbeen, senings en ligamente, en help om krag en buigsaamheid te behou.
Swawel is ook nodig vir die vorming van belangrike molekules soos glukosamien en hialuroonsuur, wat beskerming en hidrasie aan die gewrigte bied.
Metiel-sulfoniel-metaan (MSM) is ’n natuurlike, organiesgebonde vorm van swael wat in klein hoeveelhede in vrugte, groente en graan voorkom.
Dit is bewys dat aanvullings met MSM gewrigspyn verlig, beweeglikheid verbeter en inflammasie verminder.
Hierdie natuurlike middel bied ’n veilige en doeltreffende manier om jou liggaam se gewrigsgesondheid en algehele welstand te ondersteun.
Natuurlike ondersteuning vir gesonde gewrigte, beweeglikheid en pynverligting
ThreshHold is ’n gesondheidsaanvulling wat OptiMSM van hoë gehalte bevat – spesiaal ontwikkel vir optimale gewrigsgesondheid en beweeglikheid.
Hierdie daaglikse aanvulling is daar om jou lewenskwaliteit te verbeter deur beweeglikheid te ondersteun.
Elke ThreshHold-tablet bevat 1 000 mg OptiMSM, die wêreld se suiwerste, veiligste en mees getoetste vorm van MSM.
Swael is ’n belangrike voedingstof wat help om gewrigte gesond te hou, ongemak te verlig en mobiliteit te verbeter.
Met ThreshHold Real MSM gee jy jou liggaam daagliks die ondersteuning wat dit nodig het om vryer en met selfvertroue te beweeg – of jy nou aktief is, herstel ná inspanning, of bloot pyn wil verminder.
Vind jou regte daaglikse dosis vir optimale verligting
Die regte dosis MSM verskil van persoon tot persoon, afhangende van jou liggaam se unieke behoefte aan swael om pyn en inflammasie te verlig.
Sommige mense ondervind reeds verbetering met drie tablette per dag, terwyl ander tot ses tablette daagliks benodig om werklike verligting te voel.
Dit is belangrik om voldoende MSM in te neem om jou liggaam se swaelvlakke aan te vul, wat ’n sleutelrol speel in gesonde gewrigsfunksie.
Luister na jou liggaam en bou jou dosis stadig op totdat jy ’n verskil in gemak en beweeglikheid begin voel.