[OUDIO] Aanbidding moet ’n leefstyl wees

Ons verheerlik God nie sodat Hy daaruit kan voordeel trek nie, maar sodat óns kan! Dit beteken nie dat Sy aanbidding op ons behoeftes gebaseer is nie. 

’n Ware aanbidder het ’n begeerte om tyd met ons Hemelse Vader te spandeer, en om Sy wil te doen. Deur tyd met God te spandeer, of dit nou is terwyl jy in die kombuis besig is of wanneer jy inkopies doen, leer jy om Sy hart in alle aspekte van die lewe te ken.  

Wanneer ons die hart van God ken, kan ons Hom aanbid vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid.  

Iemand het eenkeer gevra: “Waarom moet ons God aanbid, Hy weet mos Hy is God?” Die doel van lofprysing en aanbidding is nie sodat God daaruit kan voordeel trek nie, maar sodat óns kan!  

Wanneer ons Hom aanbid, verskuif ons aandag van onsself na ons Hemelse Vader. Die doel van aanbidding is om ons fokus op Jesus te plaas, en Hom sodoende in elke situasie in te nooi. Dit lei tot ’n lewe van voortdurende dankbaarheid. 

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Charne Pretorius, persoonlike afrigter en pilates-instrukteur

Ons is almal soekend na die geheim vir gewigsverlies. Voor jy jou eetgewoontes kan verander, moet jy eers jou gedagtes oor jouself verander. Wanneer jy ...

Elzerie van der Westhuizen, redigeerder

Word God se liefde weerspieël in jou dade? Dit moet jou strewe wees, elke dag, en ook dié van jou kinders. Hoe verstaan kinders die ...

Estelle Henning, lewensafrigter

Ons hoor gereeld dat waarop jy fokus, ’n groot invloed op jou ervaring van jou alledaagse lewe het. Hoe meer jy op iets fokus, hoe ...

Scroll to Top