[OUDIO] Almal moet God in jou dade sien

Word God se liefde weerspieël in jou dade? Dit moet jou strewe wees, elke dag, en ook dié van jou kinders. 

Hoe verstaan kinders die Vaderhart van God? Om vir jou kind te sê dat God liefde is, gaan nie vir hom of haar veel beteken nie. Dit word slegs ’n werklikheid as hulle dit in jou ervaar en sien.

As ma en ouer moet jy daardie voorbeeld stel. Dit is hoe ’n kind leer. Hulle boots hulle ma se optrede na en luister nie noodwendig na wat jy sê gedoen of nié gedoen moet word nie.

Dit is baie belangrik dat ons self God se Vaderhart verstaan. Hy moet ’n werklikheid in jou lewe wees. Ervaar jy Hom as ’n deernisvolle teenwoordigheid in jou lewe? Onthou, God is liefde. Dit is Sy natuur. Nooi jy Hom om in jou woning te kom maak, nooi jy liefde in jou lewe in.

Jesus Christus is God se instaatstelling en bekwaamheid in ons. In Romeine 5:5 lees ons want God se Liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Danileigh Steyn, aanbiddingsleier en sanger

Dis een ding om te sê jy is ’n Christen; ’n ander om Goddelike karakter te wys. Die Here wil ons gebruik om ander te ...

As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...

Dr. Johan Beukes

“Jy kan hoogs suksesvol wees en steeds jouself verloor,” sê DR. JOHAN BEUKES. Leer om die tekens van leierskap-uitbranding vroegtydig raak te sien. Leierskap het ...

Scroll to Top