[OUDIO] As jy roep, sal Hy jou hoor

Om jou hoop te vestig op Sy belofte vir beter dinge, beteken dit nie daar gaan nié moeilike tye wees nie. Dit beteken wel dat Hy jou hoor roep in jou nood. 

As jy die Here met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand soek, sal Hy vir jou deurkom. Niks is vir Hom te groot of onmoontlik nie.

Wat sê God daaroor as ons Hom wil soek? En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek (Hebreërs 11:6).

God self is ons grootste beloning! Wanneer ons Hom het, het ons alles in die wêreld. Daarom: “Soek die Here en sy krag, soek Sy teenwoordigheid aanhoudend!”

Om soekend te wees na God behels ’n doelbewuste poging om deur natuurlike middele tot God self te kom. Om ons gedagtes voortdurend op Hom te vestig in al ons ervarings. Om ons gedagtes en harte op Hom te rig deur middel van Sy openbaring.

God wag vir ons om ’n verhouding met ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Tilesia Colyn

“Hoekom is dit belangrik om jou gedagtes te verander om jou ware self te vind? Die Woord van God sê dit vir ...

Esmé Maré

Om iets aandagtig te beoefen, beteken om dit met totale bewustheid te doen. In die geval van aandagtige eetgewoontes, moet jy met ...

Louwerens Swanepoel

“Vir sommige mense is die gemaksone nie altyd ’n gemaklike plek om te wees nie. Groei vind plaas wanneer jy uit jou ...

Scroll to Top