[OUDIO] Geloof laat jou moontlikhede en hoop raaksien

Uitdagings in ons lewe is soms nodig om geloof te kweek. So leer ons om moontlikhede en hoop raak te sien, en groot te droom.

Om hoop te verloor, is om ’n doodsvonnis oor al jou drome en moontlikhede uit te spreek. Om hoop te hê en moontlikhede raak te sien spreek van geloof in die dinge wat ons nie kan sien nie.

Hou daarom aan hoop op jou drome en vooruitsigte. Soek altyd na moontlikhede al word jy in die gesig gestaar deur omstandighede wat dit onmoontlik laat lyk. Glo dat God se plan vir jou lewe groter is as wat jy nou kan sien.

Kyk altyd terug op jou lewenspad om God se hand van beskerming en Sy aanwysing raak te sien.

Jubel in jou geloof, want God se tyd is altyd perfek. Sonder uitdagings, hoop en moontlikhede, is daar nie geloof nie. Loof God daarom dat Hy jou uitdaag om ’n beter jy te wees.

Wanneer jy te gemaklik is waar jy nou is, is dit dalk juis tyd vir ’n nuwe droom met al sy moontlikhede. Droom groot!

Scroll to Top