[OUDIO] Kennis is mag vir ’n pragtige vel

Die vel is die grootste orgaan in die liggaam. Daarom moet ons reeds so vroeg as moontlik daarna begin omsien. Dit is nooit te vroeg nie. 

’n Gesonde vel weerkaats lig. Dit gloei net op die mooiste manier. ’n Vel wat nie lae grimering nodig het nie, is ’n gelukkige vel. Daardie vrou wat met selfvertroue vinnig winkel toe kan gaan met slegs ’n gekleurde sonskerm en maskara aan … Sy kry al die komplimente.

Haar liefde vir haar vel straal uit haar uit. Dit is tog wat elke vrou van haar volgende velsorg-afspraak wil hê. Met die tegnologie en mediese velsorg wat vandag beskikbaar is, kan wondere inderdaad verrig word. Doen net goeie navorsing sodat jy in die regte hande beland.

Begin deur ’n ervare dermatoloog te gaan sien sodat daar ’n deeglike velkonsultasie gedoen kan word. Dié dokter sal dan ’n diagnose maak. Soms loop mense vir jare met ’n velprobleem wat totaal verkeerd behandel word.

Besluit wat jou doel is, en wat jy wil bereik. Stel ’n begroting saam voor jy met jou dermatoloog of terapeut gaan praat. Dit is belangrik om alles ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Susan Coetzer

“Dit laat jou lekker voel om bly te wees. Dink, doen en soek dinge wat pret verskaf. Bederf jouself,” sê skrywer en motiveringspreker SUSAN COETZER. ...

Vroue is geseën met hope energie en unieke vaardighede. Die geheim tot sukses lê in ons vermoë om te weet hoe om dit te gebruik ...

[Episode 10 – Oudio-reeks: Getroudwees, liefde en seks] Vroue het goeie emosionele intimiteit met hulle mans nodig om fisiek intiem te kan wees. Wanneer vroue ...

Scroll to Top