[OUDIO] Positiewe denke verg positiewe optrede
- Selfhelp [Oudio]
- Elsa Groenewald, finansiële besigheidskonsultant en spreker
Positiewe denke alleen is nie genoeg nie. Dit moet ook oorgaan in positiewe optrede. Hiervoor is dit nodig dat jy weet wat jou gelukkig maak.
Wanneer positiewe denke alleen nie genoeg is nie, moet ons tot optrede oorgaan.
Begin met daaglikse bevestiging van wie en wat jy is. Stel vir jou ’n lysie van 20 punte op. Skryf vir jouself: Ek is ’n liefdevolle mamma, ’n goeie leier, ’n geliefde vrou of ’n aanwins vir jou gemeenskap. Haal dit uit wanneer jou selfvertroue laag is of voor ’n groot vergadering wanneer jy bietjie angstig raak.
Bring positiwiteit in die huidige oomblik in. Vind uit wat dit is waarin jy vreugde vind. Is dit gehaltetyd met jou kind of om jou skoene uit te skop en ’n boek te lees? Dalk is dit ’n oproep na jou ouers of ’n koppie tee saam met ’n vriendin?
Verstaan wat dit is wat jou negatiwiteit kan oorskadu en fokus eerder daarop. Dit is dikwels die klein dingetjies wat ongesiens by ons verbygaan, wat juis ons denkpatrone kan verander.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Leandra Foster
Alle ma’s doen nie outomaties die hele tyd alles foutloos nie. Goeie ouerskap word aangeleer en ontwikkel soos jou kind groei. Kry ...
Lourens Botha
Anders as wat die samelewing insinueer, is dit nie selfsugtig om jouself ’n prioriteit te maak nie. So sal jy beter na ...