[OUDIO] Vergeet van vergelyk, hou op kompeteer
- Ouerskap [Oudio]
- Ernalize du Toit, skrywer en joernalis
Dis so uitputtend om jouself met ander ma’s te vergelyk … staak dadelik die onderlinge kompetisie oor wie se kind die beste is. Ondersteun mekaar eerder.
Daar is ’n uitdrukking wat lui: “Selfvertroue is nié om in ’n vertrek in te stap en te dink dat jy beter as almal is nie. Dit is om te weet dat jy nie nodig het om jouself met enigiemand te vergelyk nie.” As ma moet ’n mens so vroeg moontlik hierdie les leer.
Staak die alewige vergelykspeletjie. Dit sal jou tot raserny dryf en beslis nie help om jou beter te laat voel nie. Moenie konstant met al die ma’s om jou probeer kompeteer nie.
Bly eerder vanuit die staanspoor weg van die “kompetisie”. Uiteindelik gaan daar, soos in oorlog, geen wenners wees nie.
Die spoggerige kosblikke wat jy pak (of nié pak nie) tot die aktiwiteite waaraan jy jou kinders blootstel, word alles vinnig ’n onmoontlike maatstaf vir jou ma-wees. Moenie gedwing voel om al jou keuses te verduidelik en verdedig nie. Doen wat vir jou en jou gesin goed en reg is.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou ...
Tilesia Colyn
Skep jy vir jouself lyding? Dit blokkeer jou reis na selfontdekking. TILESIA COLYN verduidelik hoe om los te kom en jou ware ...
Louwerens Swanepoel
“Vir sommige mense is die gemaksone nie altyd ’n gemaklike plek om te wees nie. Groei vind plaas wanneer jy uit jou ...