Plaas jou hoop nes Hanna in God

Plaas jou hoop nes Hanna in God

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

(Romeine 12:12)

Ons het ’n diep sekerheid dat God ons vrygespreek het. Daarom kan ons ook die hoop, die vaste wete hê dat Hy sy beloftes vir die toekoms waar sal maak.

Wie is nou ’n beter voorbeeld van hoop as Hanna? Sy wou vreeslik graag ’n kindjie gehad het, maar het gesukkel om swanger te word.

Vandag nog is daar soveel vroue wat hulle met Hanna kan identifiseer. Eintlik kan elkeen iewers in haar lewensverhaal met Hanna identifiseer.

Ons word gedurig gekonfronteer met die vraag: Waar en in wie plaas ek my hoop? Soms raak ons moedeloos.

Hanna het bly hoop dat God haar gebed sal verhoor. In 1 Samuel 1:27 lees ons: “Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.” Hy het Hanna se gebed verhoor en sy het swanger geword. Neem vandag ’n besluit om soos Hanna jou hoop in God te plaas.

In Romeine 5:3-5 word ons verseker: “Swaarkry kweek ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11) Soms is ons geneig om ...

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. ...

Scroll to Top