Jou nuwe môre is om die draai

Jou nuwe môre is om die draai

Kyk,  die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek; voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.

(Jesaja 42:9)

Soms SOEK ons daai nuwe môre, maar hy wil net nie aanbreek nie!

Ek en my man het drie jaar lank “gesukkel” om kinders te kry. In my hart het ek vasgehou aan ’n belofte wat God my lank terug gegee het. Ek het ook geweet dat ek net geduldig moet wag vir sy tyd.

Ek het in dieselfde tyd ook ’n nuwe been van my musiekloopbaan probeer aanpak wat ek gevoel het ’n deel van my roeping is, en vir lank wou niks uitwerk nie ... binne ’n maand (ná om en by drie jaar) raak ek toe swanger EN gaan ’n groot deur vir my oop in die nuwe been van my musiekloopbaan.

Ek is so dankbaar en is net weer herinner dat God se tyd nie ons tyd is nie. Ons moet net getrou en geduldig bly wag en aangaan met dit wat ons weet om te doen. Daardie nuwe môre is om die draai!

’n ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top