Leef sy liefde prakties uit
- #StilwordSondag
- Carmin Olwage
Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11)
Soms is ons geneig om gedeeltes in sy Woord vinniger te lees as dit te naby aan die been sny. Jy weet dis die waarheid, maar dis makliker om dan oor te slaan na ’n volgende hoostuk. Hier in 1 Johannes 3 word daar diep gepraat oor liefde. Om nie jou broeder lief te hê nie, is dieselfde as moord. Kan dit wees?
Die opskrif van die hoofstuk is “Kinders van God” en daarom word in hierdie hoofstuk met my en jou as kinders van ons Hemelvader gepraat. Dis ’n term wat die wêreld nie verstaan nie, miskien omdat hulle nie die praktiese voorbeeld by ons sien nie.
Die vraag bly dus staan: “Hoe betoon ek dan die liefde?” In Jakobus 2:15-16 word so mooi verduidelik. As daar nou ’n broeder of suster naak is en aan daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: “Gaan in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie – ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. (Psalm 46:11) Ek het my twee oudste dogters eenmaal verloor ...
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) Jesus het die beginsel van vergifnis ...