Gretha Wiid [Oudio+Video]

Raak saam stil en groei 

Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid. 

’n Huwelik lyk ánders wanneer ’n man geestelike leiding neem 

Van kleins af leer ons rympies bid: Dankie vir ’n bed, dankie vir ’n mamma en pappa, dankie vir kos, en vergewe asseblief ons sondes. Gebed word later bloot ’n klomp tradisionele sê-goed.

Dan word ons groot, en moet ons ons hart oopmaak. Ons kan nie meer net sê: Dankie vir my bed en dankie vir kos nie.

Daar gebeur iets in ’n vrou se hart as haar man naby aan die Here leef. ’n Huwelik lyk ánders wanneer hy die geestelike leiding neem, sy eggenoot opdra in gebed en ’n voorbeeld van geestelike krag en wysheid is vir die kinders.

Elkeen wat dit al beleef het, weet hoe kosbaar dit is om ’n huweliksmaat te hê wat saam met jou bid oor julle huwelik, julle kinders, die daaglikse dinge en die toekoms.

Tog is dit hartseer hoe min egpare werklik saam bid vir ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Wie is werklik in beheer van julle huwelik? Ontrafel die wanopvattings oor onderdanige vroue en leer hoe om ’n gebalanseerde en gelyke huwelik te bou! ...

Vroue wil graag hê hulle mans moet bou aan ’n verhouding met die kinders. Baie pa’s wil, maar weet eenvoudig nie hoe nie. Help hom ...

Scroll to Top