A.Vogel Multiforce® help daagliks om jou liggaam se natuurlike suur-alkaliese balans te herstel en te handhaaf vir optimale gesondheid.
Wanneer sooibrand en slegte spysvertering eet moeilik en onsmaaklik maak
Baie van die kos en drankies wat deel is van die tipiese Westerse dieet – soos vleis, suiwel, suiker, koffie en alkohol – vorm suur en kan met tyd die liggaam se natuurlike balans versteur.
Wanneer suurvlakke te hoog raak, kan dit lei tot ongemak soos sooibrand, slegte spysvertering, stywe spiere, hoofpyne en moegheid.
A.Vogel Multiforce® bied daaglikse alkaliese ondersteuning wat help om die liggaam se suur-alkaliese balans te herstel.
Dit bevorder beter spysvertering, verbeter herstel ná oefening en ondersteun jou algehele beweeglikheid en welstand, sodat jy weer lig, energiek en in balans voel.
Besoek livingnaturally.co.za vir meer inligting oor A.Vogel Multiforce®.
Kry gratis aflewering as jy drie of meer produkte bestel.
Maniere om die oormatige suur in jou liggaam te verminder
Om jou liggaam se natuurlike balans te ondersteun, begin by wat jy eet en drink.
’n Gesonde, gebalanseerde dieet wat ryk is aan vars groente, vrugte, volgraan en gesonde vette, help om suurvlakke te verminder.
Drink genoeg water – minstens twee liter per dag – en beperk jou inname van vleis, suiwel, suiker en verfynde, geprosesseerde of diepgebraaide kosse.
Verminder ook alkohol en suikerryke drankies, aangesien dit meer suur kan vorm.
Vir ekstra ondersteuning kan ’n daaglikse alkaliese mineraalaanvulling soos A.Vogel Multiforce® help om jou liggaam se natuurlike suur-alkaliese balans te herstel en te handhaaf.
Herstel natuurlike balans en verlig spysverteringsongemak elke dag
A.Vogel Multiforce® help om sooibrand, spysverteringsongemak en ongemak as gevolg van oormatige suur te verlig.
Hierdie produk, wat verskeie minerale bevat, ondersteun die liggaam se natuurlige suurbuffermeganisme deur essensiële alkaliese minerale te verskaf, wat help om die gevolge van ’n tipiese suurvormende dieet en leefstyl teen te werk.
Dit is ryk aan kalsium, magnesium, fosfor en kalsium, sowel as sitraat en bikarbonaat en het ’n sistemiese alkaliserende effek.
Daaglikse gebruik kan oormatige maagsuur balanseer, die normale funksie van spysverteringsensieme ondersteun, suurrefluks en ongemak verminder en help met die metabolisering van vette, proteïene en koolhidrate vir beter algemene spysverteringsgesondheid.