Skop jou skoene uit en ontspan in die Magaliesberge [Vennoot]

Skop jou skoene uit en ontspan in die Magaliesberge [Vennoot]

ATKV-Buffelspoort is ’n gewilde bosveld-vakansiebestemming in die Magaliesberge. Ontspan slegs ’n klipgooi weg van die wêreldbekende Sun City en minder as ’n uur se ry van Pretoria en Johannesburg af. 

’n Gewilde vakansiebestemming in die bosveld, net buite die stad

Dié oord is perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede, en spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe en vermaakaktiwiteite soos wipmatte, putt-putt, ’n waterglybaan, vlugbal, muurbal en nog vele meer.

Daar is verskillende soorte selfsorgverblyfopsies om van te kies en te keur soos die rondawels, Magalies-villas, asook ’n verskeidenheid woonstelle.

Benewens die 4-bedtenthuise het hierdie oase in die Magaliesberge ook ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome, of geplaveide staanplekke met skadunette, kragpunte en ’n braai-area. Uitstekende opwas- en ablusiegeriewe is ook beskikbaar.

Hierdie juweel is ook die ideale basis vanwaar jy die magdom toeristeattraksies in die omgewing kan verken en het iets vir oud en jonk om te geniet.

Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.

Een van die beste kampplekke in die land

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Kies een van die ATKV se spog-oorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Dit is ’n alles-in-een-vakansiebestemming wat jou sak sal pas ...

Kies uit een van die ATKV se sewe spogoorde vir ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. Daar is iets vir almal, of jy ...

Scroll to Top