Die lewe is onvoorspelbaar. Vandag sit jy dalk rustig en drink jou koffie en môre is daar ’n geiser wat bars of ’n skootrekenaar wat spoorloos verdwyn. Gelukkig maak King Price versekering maklik, eenvoudig en stresvry. Is jy gereed om jou beste versekerde lewe te leef? Lees dan hierdie top wenke:
Wenk 1: Verseker jou waardevolle items, waar jy ook al gaan
Dink net… Jy’s op ’n avontuurrit in die Kalahari, of jy sit en teug aan ’n G&T op ’n strand in Santorini. Die laaste ding waaraan jy wil dink, is dat iets met jou slimhorlosie, selfoon of daai ontwerpersbril kan gebeur. Moenie kommer nie, met King Price se draagbare besittingsversekering is jy wêreldwyd gedek! Solank jy daardie items op jou polis spesifiseer, is hulle beskerm teen verlies of skade. Enige plek, enige tyd.

Wenk 2: Deel jy jou spasie? Deel jou versekering
Jy deel dalk klaar die bank, die afstandbeheer, die Netflix wagwoord en die laaste stukkie sjokolade. Hoekom nie ook huisinhoud versekering nie? As julle saam woon, onder 1 dak, is dit logies (en lekker maklik) om al julle goed van die yskas tot die Xbox onder 1 polis te verseker. Sit net die korrekte besonderhede op die polisskedule, dan weet jy die koning is daar vir jou.
Spaar slim met King Price-versekering
Kombineer, spesifiseer of hersien jou polis – daar’s altyd ’n manier om geld te spaar sonder om jou dekking prys te gee.


Wenk 3: Kombineer jou dekking vir minder administrasie en meer besparings
Het jy ’n huis en ’n kar of 2? Dan is hierdie vir jou. Met King Price kan jy jou huisinhoud, geboue en karverskering alles in 1 polis kombineer. Jy kry 1 maklike debietorder, minder papierwerk, ’n stewige besparings potensiaal, en natuurlik, daai koninklike diens waarop jy kan staat maak. Gerief, versekering en besparings… Dis ’n lekker kombinasie.

Wenk 4: Meervoudige karre
Het jy 2 of meer karre? Dan kan jy moontlik spaar. Wanneer jy 2 of meer karre by King Price verseker, dan kan jy tot en met 20% korting kry op jou premie wanneer jy omvattende karveresekering het. Boonop is daar opsies soos waar jy jou gholfstokke, gehoorstukke of fiets kan verseker vir slegs R1.

Wenk 5: Het jy na ‘n veiliger plek getrek? Jy kan minder betaal
Het jy pas getrek na ’n nuwe buurt of ander voorstad? Dan is dit dalk nie net jou leefstyl wat verbeter het nie, maar ook jou kanse om te spaar op jou versekering!
Waar jy woon speel ’n groot rol in jou risikoprofiel, en dit beïnvloed direk hoeveel jy betaal vir versekering. As jy byvoorbeeld nou in ’n meer veilige area of kompleks woon (dalk een met 24/7 sekuriteit, toegangbeheer of minder misdaad) kan ons jou moontlik sien as ’n laer risiko. En hoe laer die risiko, hoe laer jou premie.
So of jy nou saam woon, rondrits, trek of net meer slim met jou versekering wil wees: Daar’s altyd ’n manier om met King Price geld te spaar sonder om jou dekking prys te gee. Hierdie wenke is nie net slim nie, hulle is eenvoudig, prakties en perfek vir die alledaagse lewe. Met King Price is dit maklik om te spaar. Kry ’n verpligting-vrye kwotasie deur kingprice.co.za te besoek, of stuur ’n WhatsApp na 0860 50 50 50.