NUXE se nuwe Nuxuriance Ultra ALFA[3R] bied ’n indrukwekkende kombinasie teenverouderingsbestanddele wat die krag van retinol uitdaag. Hierdie gevorderde tegnologie bied natuurlike velsorg, speel klaar met plooie en gee ’n ferm en stralende gelaat.
Herontdek jou vel se jeugdigheid met natuurlike tegnologie
Nuxuriance Ultra ALFA [3R] The Exceptional Cream bou voort op baanbrekerswerk in teenveroudering deur sy eksklusiewe ALFA[3R]-tegnologie.
Hierdie gevorderde stelsel kombineer drie sterbestanddele wat saamwerk om alle tekens van veroudering te behandel.
Hialuroonsuur vernuwe die vel se ondersteuningsvesel vir ’n fermer voorkoms.
Lusernekstrak herstel die dermis en epidermis, terwyl Hemerocallis-ekstrak as antioksidant dien en glikering teenwerk.
Hierdie unieke mengsel word versterk deur niasinamied, of vitamien B3, wat natuurlik in die liggaam voorkom en bekend is vir verskeie voordele.
Dit bevogtig en versterk die vel se dermislaag, verbeter fermheid en gee ’n stralende voorkoms. Dié kragtige formule voorkom ook pigmentasie en plooie en dra só by tot ’n gladde en gesonde gelaat.
Ontdek jou vel se natuurlike glans!
Nuxuriance Ultra ALFA[3R] The Exceptional Cream en Super Serum [10] is beskikbaar by Woolworths-, Truworths- en Foschini-winkels en aanlyn by orleanscosmetics.co.za en superbalist.com.
’n Produk wat jou vel dag en nag sal beskerm
NUXE het met sy hoëprestasie-formule ’n teenverouderingsoplossing geskep wat dag en nag werk vir maksimale doeltreffendheid.
Hierdie dubbelaksie-formule bied 24 uur van voortdurende herstel en vernuwing.
Bedags beskerm die room die vel teen skadelike omgewingsfaktore, versag fyn lyntjies, verminder pigmentasie en gee dit ’n natuurlike glans.
Snags, wanneer die herstelproses op sy doeltreffendste is, voed, herstel en bevogtig dit die vel vir ’n vars en gesonde voorkoms.
Hierdie uitsonderlike produk is spesiaal ontwikkel met die velchronologie in gedagte en help om veroudering regdeur die dag teen te werk.

Die perfekte teenverouderingskombinasie vir enige ouderdom
Super Serum [10] is die ideale aanvulling vir die Nuxuriance Ultra ALFA [3R] The Exceptional Day & Night Cream en vorm die eerste stap in elke NUXE-teenverouderingsroetine.
Hierdie universele serum is geskik vir alle ouderdomme, velsoorte en gelaatskleure.
Dit is ’n suiwer, dierevriendelike formule wat gegrond is op ’n natuurlike silikoonvrye tegnologie en die mikrovloeibare enkapsullering van gefraksioneerde plantolies.
Hierdie olies word vasgevang in die vorm van meer as 3 800 mikrosfere en word saam met natuurlike hialuroonsuur en niasinamied in ’n uitsonderlike basis opgeneem.
Hierdie tweefasetekstuur stel die aktiewe bestanddele diep in die vel vry en beskerm dit tot die oomblik wat dit aangewend word. Die varsheid van die jel kontrasteer met die syagtige mikro-sfere en smelt oor die vel om dit te beskerm.