Die moderne lewe eis ouers se tyd en energie, en ná ’n lang dag is moegheid onafwendbaar. Tog smag kinders juis dán na aandag. Wolkskool bied vakansiepret wat gesinne saam kan geniet terwyl kinders se emosionele emmertjies gevul word.
Vind praktiese aktiwiteite om saam met jou kinders te doen
Gaan stap in die plaaslike park of natuurreservaat en geniet die buitelug.
Stel ’n lys items saam vir ’n skattejag wat elke gesinslid kan afmerk wanneer hulle dit in die natuur raaksien (bv. ’n spesifieke blaartjie, ’n klip, ’n veer, ensovoorts).
Hierdie aktiwiteit moedig verkenning en leer oor die natuur aan en dit kan interessante gesprekke uitlok oor byvoorbeeld seisoene en hoe dit die plantegroei en omgewingskleure beïnvloed – van grasgroen tot vaalbruin, ens.
Dit kweek ’n liefde en waardering vir die natuur en is boonop ’n fisieke aktiwiteit wat uitstekend vir algehele welstand is.
Gesinsuitstappies na monumente of museums, soos die Voortrekkermonument, die Krugerhuismuseum of die Pioniersmuseum kan ook uiters voordelig vir kinders wees omdat dit hulle help om ’n beter begrip van hulle geskiedkundige agtergrond te ontwikkel.
Hierdie uitstappies gee vir kinders betekenis uit die geskiedenis.
Hou jou kinders kreatief hierdie vakansie.
Wolkskool is ’n moderne Afrikaanse aanlyn platform vir graad 1- tot 12-leerders. Maak leerwerk pret deur jou kind vandag nog aan te sluit om selfs in die vakansie op ’n prettige manier voor te kom met skoolwerk.

Kies om gesellig saam te ontspan ná ’n lang week
Hou ’n fliekaand. Kies ’n fliek wat die hele gesin kan geniet en wat onderwerpe bevat wat tot nadenke en gesprekke kan lei.
Maak die area voor die televisie knus deur ’n groot kombers of ’n matras op die vloer te plaas, met sagte kussings en komberse.
Nooi die gesin om hulle snoesigste pajamas aan te trek, wat die atmosfeer nog meer huislik en ontspanne
maak.
Maak ’n groot bak vars springmielies en voorsien ander lekkernye soos warm sjokolade.
Gesels met jou kinders oor die fliek, byvoorbeeld watter karakter hulle gunsteling was en lesse of waardes wat hulle in die fliek raakgesien het.
Hou hulle besige met kreatiewe projekte wat denke stimuleer
Legkaarte of kunsprojekte kan lekker kreatief wees.
Kies ’n projek wat almal se belangstelling prikkel en wat vir alle ouderdomme in die gesin geskik is.
Verdeel die take sodat elke gesinslid ’n spesifieke taak het om te doen, of dit nou die sorteer van legkaartstukke is, die kies van kleure vir die kunswerk, of die verf van spesifieke areas.
Kunsvlyt en skeppende aktiwiteite bevorder nie net kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede nie, maar kweek ook ’n gesonde gesinsdinamika.
As jou kind ekstra hulp met skoolwerk nodig het, het Wolkskool ook ’n nuttige platform met bykomende studiemateriaal.
Wolkskool ondersteun of verbeter akademiese prestasie en gee leerders toegang tot leerhulpbronne deur middel van videolesse, werkkaarte, assesserings, oefenvraestelle en meer. Alle leermateriaal is ook met die nasionale KABV-kurrikulum belyn.