[VIDEO] PROF ELAIN VLOK – Die pad na ’n betekenisvolle lewe 

PROF ELAIN VLOK, die stigter van Clover Mama Afrika, se werk is ’n bewys van wat gebeur wanneer iemand hul hart in die diens van ander sit. 

’n Mens is nooit te oud om te leer nie. Dis iets wat ek altyd vir my Mama Afrikas sê: Wie nie leer nie, kom nie deur nie.  

Oud wees is iets hierbinne – dit sit in jou kop. Jy moet dit vergeet en aanhou leef. Ek sien jou as ’n persoon met potensiaal, iemand wat dinge kan doen. 

Vir my gaan dit daaroor dat ons lewe. Ons het lewe ontvang – en wat ons ook al doen, ons moet dit met oorgawe aanpak.  

In my eie lewe het ek grootgeword met die uitdrukking: Ek kan – solank ek glo dat ek kan.  

’n Mens hoef nie kwalifikasies te hê om goed te kan doen nie. Baie mense glo jy moet ’n papier hê – dan kan jy iets beteken. Ek het geleer dat die Universiteit van die Lewe die beste leerskool is. 

Ons hoef nie vas te kyk in die idee dat ons akademiese kwalifikasies nodig het om goed te doen nie. Jy doen goed as dit uit jou hart kom.  

As jy regtig voel: “Ek wil omgee vir die mens langs my,” en jy doen iets daaromtrent – dít is wat saak maak. Nie diplomas of papiere nie – maar wat in jou hart leef. 

Ek probeer alles doen wat ek kan. Ek glo dit is wat ons Hemelse Vader wil hê: Ons moet lewe. “Lewe” beteken dat jy iets doen vir ander, dat jy gee, dat jy daar is vir ander. Ek het so ’n vol lewe dat ek weet, ek het geleer om te lewe. 

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top