SUNET VERMAAK deel wenke oor hoe om jou klerekas slim te beplan, minder te koop en geld te spaar deur meer met minder te doen.
Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop. Doen meer met die klere wat jy reeds besit.
Om jou klerekas te beplan is dikwels een van die grootste uitdagings wat vrouens in die gesig staar. Jy staan voor jou kas, en die massas klere daarin, en jy het nie ’n idee wat om aan te trek nie.
Gewoonlik dra ons net 20% van wat in ons kas is – 80% hang net daar. Ons spandeer ook ongeveer tussen R200 en R300 per item in ons kas. Die gemiddelde vrou het ongeveer 200 items in haar kas, dit werk uit op iets soos amper R60 000 se goed wat jy in jou kas het. Dit laat ’n mens dink hoe mors jy eintlik.
Daar is baie mode-rewolusies aan die gang wat van ons vra om meer conscientious te wees. Ons moet dink hoe ons koopgewoontes die omgewing beïnvloed.
Miskien kom ons op ’n stadium waar ons moet begin sê: kom ons hou net bietjie op koop. En ons dink ’n bietjie slimmer.
