Maak jou daaglikse lewe makliker met effektiewe bestuur 

Neem beheer oor jou lewe! GUSTAV GOUS bespreek noodsaaklike bestuursvaardighede en help jou om te ontdek wat jy moet bestuur vir ’n meer doeltreffende lewe.

Daar is baie besonderhede van jou lewe wat moet bestuur word. Nie net jou fisiese lewe nie, maar ook jou familielewe.  

Jy word êrens gebore, nie net in ʼn familie nie, maar in ʼn land. Die eerste ding wat jy moet bestuur is jou identiteitsdokumente en jou paspoort. Jy moet sorg dat jy as ʼn kieser geregistreer is. Jy moet kyk na dubbele paspoorte. Jy moet kyk dat jou visums reg is as jy wil reis. 

Dan moet jy fokus op waar jy woon, met ander woorde wat is jou huis. Woon ek in my ouers se huis of in my eie plekkie? Het ek nie ʼn huis nie of besit ek die huis? Is jou huis afbetaal of huur ek die huis? 

Nog ʼn groot besonderheid wat lewensbeplanning behels is troeteldiere. Moet ek hê? Hoeveel moet ek hê? Wat doen ek met hulle met vakansies.  

ʼn Geweldige groot gedeelte wat ʼn mens ook moet bestuur is jou liefdesverhouding. Of die gebrek daaraan. As ʼn mens ʼn liefdesverhouding het, hoe bestuur jy dit? Onthou, ʼn mens kry nie ʼn gelukkige huwelik nie, jy bou ʼn gelukkige huwelik.  

As jy kinders het is daar hier ook geweldige beplanning. En wat nog van jou uitgebreide familie en aangetroude familie? Hoe bestuur ’n mens daardie aspekte van die lewe? 

Daar is ʼn geweldige hoeveelheid goed wat ʼn mens moet bestuur. Die vraag is: hoe bestuur jy jou landsake, jou huissake, jou liefdeslewe-sake, jou familiesake, jou familie- en kindersake, jou uitgebreide familiesake, jou vervoersake en jou reis-sake op ’n doeltreffende wyse?  

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top