[VIDEO] Deur moeilike tye het ek Sy genade ervaar 

ANZÉL RABIE bekend vir Anzél in die Boland gesels oor die mooi en die seer van die lewe en hoe geloof haar dra deur die moeilike tye. 

Om jou pa sewe weke ná die geboorte van jou eersteling te verloor, was die ergste ding wat ek kon ervaar; ek wens dit nie vir iemand toe nie.

In hierdie tyd van uiterste emosies het ek die vreugde van my pragtige dogtertjie beleef terwyl ek die verlies van my grootste held, my pa, moes verwerk.

As dit nie vir my geloof in God was nie, weet ek nie hoe ek deur die donker tye sou kom nie.

God lei my deur verlies en alles wat voorlê. Ek ervaar ’n sagtheid en genade wanneer ek by Jesus se voete is. Deur moeilike tye het ek Sy genade ervaar en ek hou vas aan die belofte van voorspoed.

Die lewe het sy ups en downs, maar God het voorspoed en ’n goeie lewe vir ons bedoel. Selfs al kom daar moeilike tye, weet ek dat met die Here aan my sy, sal dit goed gaan. Hy gee ’n innerlike vrede wat niemand kan wegneem nie.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top