[VIDEO] Geestesgesondheid vereis volgehoue werk en genade vir jouself 

REYNARDT HUGO, die geliefde dr. Tertius Jonker in Binnelanders, se reis van angs en depressie na verlossing is ’n inspirerende getuienis van geloof en hoop. 

Dit is moeilik om diep oor geestesgesondheid en sy realiteite te praat, want elkeen ervaar dit anders.

My stryd met angs en depressie het my geleer om op myself en ’n uitstekende psigiater te vertrou. Dit is belangrik om te weet daar is mense wat geestesversteurings erken en hulle kinders en volwassenes laat diagnoseer, terwyl ander dit verwerp.

Om konflik te vermy, moet jy doen wat vir jou werk. As hulp vir jou en die mense om jou voordelig is, waarom dit nie probeer nie?

Geestesgesondheid kan nie deur net ’n pil opgelos word nie; dit vereis volgehoue werk en genade vir jouself oor jare heen.

Soms staan ’n mens op met ’n besige kop, wat voordelig kan wees, maar dit lei ook tot uitputting en oorweldigende gedagtes.

Dit is nie net iets wat ’n pil kan oplos nie; selfwerk is nodig.

Die lewe is mooi en moet nie vermors word nie.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Katinka Oosthuizen

KATINKA OOSTHUIZEN is meer as net ’n aanlyn persoonlikheid, sy is ’n storieverteller by uitstek! Katinka die Kat gesels oor die krag van introverte. Ons ...

Lizanne du Plessis

Diepgaande geselsies is leer- en groeitye vir almal in die huis. Hierdeur word ouers dinge wys oor wat in hulle kroos se koppe en harte ...

Gretha Wiid

Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid.

...
Scroll to Top