[VIDEO] Pa-wees, musiek en die bou van ʼn nalatenskap 

Joshua na die Reën, of liewer Jacques de Villiers, woeker al vir meer as 10 jaar in die musiekbedryf met liedjies wat hart en siel streel. Hy is bekend vir sy poëtiese lirieke en betowerend mooi melodieë wat sy musiek meer maak as net vermaak – dis ʼn ervaring!   

Deesdae is hy ook deel van ʼn groep – Seuns van Vlug, wat alternatiewe rock musiek verhoog toe bring. Iets splinternuut en opwindend vir Jacques en sy vier musikant-vriende.   

Van ʼn nederige begin op ʼn plaas in Walkerville tot ʼn pa van drie pragtige spruite en een van Suid-Afrika se mees geliefde musikante, bly Jacques inspireer – nie net omdat hy so eg en nederig  is nie, maar veral omdat hy so ʼn mooi pad met sy Skepper stap.    

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top