#VrolikEnBly

Voelgoed Media en Vroue wat Glo hou wéér retreat! Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om saam met topklas sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson en Wanda Bam te kom leer om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees.

Dit is maklik om vrolik te wees wanneer alles in jou lewe glad verloop. Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.

Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ’n verlies.

#VrolikEnBly herinner ons daaraan dat die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie.

Maak nie saak wát nie, ons moet bly wees oor die feit dat Christus ons vrygemaak het!

Ons mag daarom nooit ons geloof en vertroue in God verloor nie, Hy sal sy hand oor ons hou sodat alles uiteindelik tot ons beswil gebeur.

Om die waarheid te sê, Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie!

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

KARIEN BASSON het tydens die vroueoggend “Regte Vroue. Regte Geloof.” vroue aangemoedig om rustig te raak wanneer dit voel of hulle lewe uitmekaar val. Beskou ...

MELISSA VAN BILJON het tydens die Vroue wat glo-retreat vertel dat almal unieke uitdagings het om te trotseer. Kom leer hoe jy jou roeping kan ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!