Capital Legacy Artikel

Het ek regtig ’n testament nodig?

Het jy geweet dat 75% van Suid-Afrikaners doodgaan sonder om ’n behoorlike testament te hê?

Die meeste mense weet dat hulle ’n testament nodig het, maar statistieke toon dat uitstel een van ons land se mense se groot swakhede is.

Baie mense hou eenvoudig aan met uitstel en laat nooit die belangrike dokument opstel nie. Sonder ’n testament is jou gesin uitgelewer aan drama en chaos sou jy sterf.

Wie moet ’n testament laat opstel?

Of jy ’n enkellopende, ’n ouer, ’n broodwinner, of ...

Het jy geweet dat 75% van Suid-Afrikaners doodgaan sonder om ’n behoorlike testament te hê?

Die meeste mense weet dat hulle ’n testament nodig het, maar statistieke toon dat uitstel een van ons land se mense se groot swakhede is.

Baie mense hou eenvoudig aan met uitstel en laat nooit die belangrike dokument opstel nie. Sonder ’n testament is jou gesin uitgelewer aan drama en chaos sou jy sterf.

Wie moet ’n testament laat opstel?

Of jy ’n enkellopende, ’n ouer, ’n broodwinner, of ’n huiseienaar is, of sommer net wil seker maak dat
jou sake in orde is, is dit belangrik dat jy ’n geldige testament het wat deur ’n kundige opgestel is.

’n Testament met ’n fout in kan ongeldig wees en lei tot jare lange hofsake, of dat jou bates in die
staat se voogdyfonds beland indien jy minderjarige kinders het.

Dit veroorsaak dan dat jou gesin, benewens vir die hartseer oor jou dood en om aan te pas sonder jou,
ook nog moet stres oor hoe hulle gaan oorleef

Wat kan gebeur as jou sake nie in orde is nie?

Jy mag miskien nie nou daaroor bekommerd wees nie, maar sonder ’n testament kan jy die lewe vir jou geliefdes wat agterbly baie moeilik maak.

As jy byvoorbeeld nie voogde vir jou kinders benoem nie, kan hulle by familielede beland wat nie vir
hierdie belangrike taak geskik is nie.

Dink ook aan die hartseer wat dit sou veroorsaak as bates of erfstukke in die verkeerde hande beland, as jy nie instruksies nalaat oor hoe dit verdeel moet word nie.

Familievetes kom dikwels voor wanneer familielede stry oor die verdeling van jou boedel wanneer jou finale wense nie duidelik in jou testament aangedui is nie.

Vra ’n kenner vir raad en ondersteuning

Capital Legacy is Suid-Afrika se voorste verskaffer van testamente en het al meer as 600 000 kliënte gehelp om hulle sake in orde te kry.

Sodra jy gereed is, sal een van hulle kundige konsultante jou kom sien, of dit nou by die kantoor of by die huis is, om jou behoeftes te bespreek.

Binne 48-uur sal jy die eerste weergawe van jou testament hê, wat jy kan nagaan en verander soos nodig.

Sodra jy tevrede is, hou hulle dan jou testament in veilige bewaring en opdaterings en byvoegings word dan in die toekoms sonder ekstra koste gedoen.

In September is dit nasionale Testamentweek, waaraan Capital Legacy deelneem. Gedurende hierdie
tyd stel hulle dan vir mense gratis testamente op.

Deel die artikel

Méér artikels

Scroll to Top