
Wanneer jy … Gedagtes het wat jou lamlê
- GeloofsPLAN
- Verwerk uit Jou Geloofsgroei Bybelgids, deur Isak Burger, Lorette Dye en ander
Almal ken die gevoel: Vrees vir môre, vrees oor jou geldsake of jou veiligheid. Mense bekommer hulle siek! Gelukkig kan jy ophou stres en vry leef.
Jy kan jou angs deur geloof oorwin
Jy het seker ook al elke moontlike scenario van mislukking in jou kop afgespeel as jy met iets nuuts moet begin. Vrees oor alles wat kan skeefloop, is seker die grootste ding wat mense daarvan weerhou om enigiets aan te pak. En tog, as jy nooit iets nuuts aanpak nie, sal jy ook niks bereik nie. Dan gaan jou volle potensiaal verlore.
Dis veral mislukkings uit die verlede wat mense keer om te groei en hulle verhoudings strem. Hoe kan jy ooit voluit vorentoe leef as jy bly agtertoe kyk? Vrees behoort nie die laaste woord oor jou optrede te hê nie. Dit is beslis nie groter as God nie, hoewel dit soms julle verhouding kan belemmer.
Vrees is ook nie alles wat oor jou as mens gesê kan word nie – dis maar een emosie. Maar hoe keer jy dat hierdie een emosie jou hele lewe lamlê? Jy kan dit ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Soms voel dit asof jy vasgevang is in jou probleme, sonder enige uitkoms. Gelukkig werk alle omstandighede saam om aan jou karakter te skaaf. Probeer ...
Is jy sonde se baas of is sonde jou baas? Ja, selfs Christene kan die pad erg byster raak, maar dit is nooit te laat ...