Wat jou man se hartsnare roer

Wat jou man se hartsnare roer 

Ons Evasgeslag kan gou vinger wys, maar weet ons werklik wat die manne wil hê? Hier is ’n paar verrassende antwoorde. 

Wees vir hom ’n prettige, waaghalsige huweliksmaat 

Hoe gebeur dit dat twee mense op ’n dag idillies gelukkig ewige trou aan mekaar beloof en ’n paar jaar later in ’n koue, ongevoelige skeihof beland? Ons vroue het ’n hele string redes, maar wat dink die manlike geslag?

Mans se seksuele behoeftes verskil van vroue s’n. Hulle het baie meer gereeld seksuele gedagtes – dis nou eenmaal ...

Ons Evasgeslag kan gou vinger wys, maar weet ons werklik wat die manne wil hê? Hier is ’n paar verrassende antwoorde. 

Wees vir hom ’n prettige, waaghalsige huweliksmaat 

Hoe gebeur dit dat twee mense op ’n dag idillies gelukkig ewige trou aan mekaar beloof en ’n paar jaar later in ’n koue, ongevoelige skeihof beland? Ons vroue het ’n hele string redes, maar wat dink die manlike geslag?

Mans se seksuele behoeftes verskil van vroue s’n. Hulle het baie meer gereeld seksuele gedagtes – dis nou eenmaal hoe hulle geskape is.

Warmte en ’n seksuele uitstraling, aanraking en liefkosings is die geheim vir ’n gesonde en gelukkige seksuele toekoms saam. Wanneer julle so by mekaar ingeskakel is, voel hy geliefd en dan sal hy jou ook weer so laat voel.

Waak teen verveling. Aanvanklik, sê die manne, is ’n vrou vol verrassings en is dit lekker om by haar te wees. Soos die tyd aanstap, raak die verrassings en bederfies al eentoniger of plat af tot ’n totale niks.

Jy moet oop wees vir leer, saamspeel en stout raak, anders verflou die vlammetjie sommer vinnig. Wees vrou en bederf jou man – tap sy badwater in en gooi ’n bietjie wierook en mirre in die water. Steek ’n paar kerse aan en laat hom soos ’n koning voel.

Inisieer verandering en bring die romanse terug. Vergeet van die vetjies om die maag en die duikies op die boud – hy sien jou deur sy oë en nie deur joune nie!

Hy sal selde vir jou sê wat hy nodig het. Mans is soms self nie eers bewus van die dinamiek van hulle behoeftes nie.

Dit is in die eerste plek vir hom nodig dat jy sy selfbeeld help opbou. Hy is waarskynlik nie so selfversekerd soos hy voorgee nie, aangesien mans hulle eie onsekerhede veilig bewaar. Laat hom voel hy is die held, al moet jy soms stilletjies op jou tande kners.

Wys in jou huwelik dat jy hom bewonder 

Luister as jou man praat. Gee hom jou onverdeelde aandag, al praat hy oor ’n onderwerp wat jy nie verstaan nie of waarin jy nie belangstel nie. Moenie altyd wag dat komplimente van sy kant af kom nie. Komplimenteer hom wanneer hy goed lyk, lekker ruik of na ’n haarsny. 

As die stilstuipe intree en julle mekaar nie eers in die gang groet nie, sluk jou trots en verbreek die stilte. Doen dit al voel jy lus om sy oë uit te krap. Mans verkrummel voor ’n wyse vrou wat weet wanneer om die gesprek weer aan die gang te kry. 

Onthou, daar is altyd êrens ’n geduldige oor wat diep in sy oë sal kyk en haar kop instemmend sal knik dat sy sy frustrasies verstaan. Wees jy eerder die een wat regstaan met begrip! 

Lug jou mening, wees ferm en sê hoe jy voel. Maar moenie vanaand die lig afskakel as hy versigtig vra: “Wat is fout?”, jou rug draai en “Niks” mompel nie. Praat dit uit! Stiltes word later berge tussen julle wat nie meer uitgeklim kan word nie. 

Die manne voel daar is niks erger as ’n vrou wat gedurig ou koeie uit die sloot grawe nie. Almal maak tog foute! Moenie jouself met wroeging en verwyte belas nie. Raak ontslae daarvan en kyk hoeveel ligter jou gemoed voel. As hy om verskoning vra en regtig jammer voel, vergewe hom en vergeet daarvan. Vergewe sewentig maal en meer. 

Om ’n verhouding lewendig, lig, warm en vol lieflike begeertes aan die gang te hou, vereis wedersydse toewyding. Omdat jou naam vrou is en jou lyf sag en rond, het jy die hef in die hand. Gebruik dit oordeelkundig en berekend. 

Deel die artikel

Méér artikels

As julle getroud is, saam bly, saam kinders grootmaak, saam bestaan, is dit so maklik om by mekaar verby te leef. Dis een van die ...

Jy het geglo julle verhouding gaan vir ewig maanskyn en rose wees. Dit is ontnugterend om uit te vind die mites wat jy oor die ...

Scroll to Top