Weerstaan versoekings in sy krag

Weerstaan versoekings in sy krag 

Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. (Hebreërs 4:15) 

Hoe moeilik is dit tog nie om versoekings te weerstaan nie? Soms is dit vir my so moeilik om daardie vrug van die Gees, naamlik SELFBEHEERSING, toe te pas. As ek kan, sal ek regtig by tye soveel eet as wat ek moontlik kan – veral sjokolade, vetkoek, Simba-aartappelskyfies, en vele meer!

’n Ander versoeking ...

’n Ander versoeking wat my pad gekruis het, is die een van ongeduld. Nog ’n vrug van die Gees waaraan ek HARD moet werk! Ek moes al voor sekere kuiers bid dat ek nie my geduld sal verloor nie; dat ek my in iemand anders se skoene sal plaas en probeer verstaan hoekom hulle op ’n sekere manier optree.

Hoe meer jy daaraan werk om geduldig te wees, hoe makliker raak dit om die versoeking te vermy. Hoe langer jy ’n versoeking vermy, hoe langer wag die versoeking om jou te “teister”.

Ander kere kan ek nogal kwaad raak. Baiekeer is dit emosie wat opbou tot ’n punt en dan vrye teuels gegun word in ’n oomblik van swakheid. Wat ek geleer het, is om vooraf te dink aan die gevolge van so ’n uitbarsting. Mense om jou kan ontsteld raak, jy tree dalk heeltemal verkeerd op voor mense wat jou nog nooit ontmoet het nie en dan is die uitbarsting al wat hulle in die toekoms van jou kan onthou.

As jy voel die selfbeheersing is nie daar nie, stap eerder uit ’n vertrek en gaan dink dinge goed deur. Moenie skade verrig nie. Wanneer jy meer beheer oor ’n situasie het en die Here vra om jou te lei, kan jy op ’n ordentlike manier iemand aanspreek en die vrede behou.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top