Wees ’n wenner in die spel van geld

Wees ’n wenner in die spel van geld 

“Geld is ʼn spel, al dink jy dat jy nie daaraan deelneem nie, jy doen,” het finansiële adviseurs PJ en GEO BOTHA tydens die EkwilEkkanEksal funksie gesê. 

Almal kan wenners wees in die spel van geld 

As jy in die afgelope drie dae iets gekoop het, met kontant of met ʼn kaart, het jy deelgeneem aan die spel van geld.

Ek praat nie van materialisme nie, ek praat ook nie van geldgierigheid nie, want dis verkeerd. Dis gewoonlik die eerste konnotasie wat mense het as hulle hoor ...

“Geld is ʼn spel, al dink jy dat jy nie daaraan deelneem nie, jy doen,” het finansiële adviseurs PJ en GEO BOTHA tydens die EkwilEkkanEksal funksie gesê. 

Almal kan wenners wees in die spel van geld 

As jy in die afgelope drie dae iets gekoop het, met kontant of met ʼn kaart, het jy deelgeneem aan die spel van geld.

Ek praat nie van materialisme nie, ek praat ook nie van geldgierigheid nie, want dis verkeerd. Dis gewoonlik die eerste konnotasie wat mense het as hulle hoor iemand wil oor geld praat, die slegte kant daarvan.

Ek praat oor fisiese geld – die fisiese note, die kontant wat jy gebruik. Daarmee kan jy goed of sleg doen. Dit is neutraal. Wat jy daarmee gaan doen, is die bepalende faktor.

Geld is ʼn spel. As ons dink aan ʼn spel en geld, waaraan dink ons? Ons dink aan dobbel of Monopoly. As jy terugdink aan jou kinderdae, toe jy Monopoly gespeel het, eindig dit nooit goed nie.

Daar is altyd ʼn wenner en ʼn verloorder in Monopoly. Wie gaan die huis op Eloffstraat kry? Of die hotel op Jan Smuts sit. Daar is selfde ʼn goeie gevoel na Monopoly.

Die spel van geld is anders. Daar is nie net een wenner in die spel van geld nie. Ons kan almal wenners wees.

As ons byvoorbeeld ʼn troeteldierwinkel oopmaak en dit gaan goed, dan kry ons later nog mense in – ’n salon om hondjies te was, later gaan ons na mense se huise toe. Ons stel dan nog mense aan. Later vat ons hondekos en gaan lewer dit by mense se huise af. Later gaan loop ons met die mense se honde vir hulle gerief. Ons gaan dog-sit selfs die honde. Nog meer mense word aangestel – skielik het ons 20 mense wat vir ons werk.

Wie het verloor? Die kliënt is beter af, hy hou van die gerief. En ons het 20 families wat ons nou kan voed.

Mense se finansiële drome verskil van mekaar 

Daar hoef nie net een wenner te wees in die spel van geld nie. Die spel van geld werk nie soos Monopoly, waar daar net een wenner kan wees nie.

Ons almal kan wen – dit is die eerste stigma wat mense moet verander. Dit kan ʼn wen-wen situasie wees. Dit hoef nie ʼn wen-verloor situasie te wees nie.

Nog ’n groot verskil van hierdie spel is dat ons elkeen eintlik ons eie reëls het. Ons elkeen het ʼn ander wenpaal. Ons elkeen wil iets anders bereik.

Ons almal hoef nie miljoenêrs te wees nie. Ons almal wil nie miljoenêrs wees nie. Ons sê ons wil dalk, want dit klink idillies, maar dit is nie wat almal noodwendig najaag nie.

Dalk wil jy net jou kinders deur universiteit sit. Dalk wil jy vir jou ouers kan sorg op hulle oudag. Dalk wil jy net halfdag werk sodat jy die ander helfte met jou kinders of met jou familie kan spandeer.

Ons almal wil nie dieselfde goed hê nie, want ons het nie almal dieselfde drome nie. Net so wil ons almal ook nie dieselfde geld hê nie. Dis hoekom dit so belangrik is om jouself te ken.

Wat wil jy met geld maak? Nie die mense rondom jou nie, wat wil jý met geld maak? Dit is ongelooflik belangrik, wanneer dit kom by geld, om te weet: wat is belangrik vir jou?

Jou drome is jou eie, en so ook jou finansies. Wanneer jy jouself leer ken kan jou geld ʼn positiewe kant van die lewe word.

Die verskil tussen ryk word en ryk bly 

Geld het hoofsaaklik twee kante. Aan die een kant is daar ryk word, dis hoe jy geld maak. Dan is daar geld bestuur, dit wat ons as finansiële bestuurders doen nadat jy die geld gemaak het. Hierdie twee kante het twee verskillende aanslagte nodig.

Ons kan as ’n voorbeeld kyk na Bill Gates en hoekom Microsoft so suksesvol was, op die langtermyn. Aan die een kant het jy Bill Gates, hy is ʼn ’college dropout’ soos hulle sê. Hy het ongelooflike groot risiko’s gevat, en hy het gesê: Ek wil ʼn rekenaar op elke mens in die wêreld se lessenaar hê – dit was baie lank terug, toe ʼn rekenaar amper die helfte van die kamer sou vul.

Dit was hierdie belaglike droom wat hy gehad het. Hy het ongelooflike risiko’s gevat en universiteit verlaat om hierdie droom te bewaarheid.

Aan die ander kant, het hy gesê: In Microsoft, wil ek genoeg geld wegsit in die bank sodat ek die salaris van my mense vir ʼn hele jaar kan betaal. Hy was ongelooflik konserwatief aan hierdie kant.

Baie keer probeer mense dieselfde risiko wat hulle vat om geld te maak, of dieselfde ambisie wat hulle het, ook toepas as dit kom by hoe hulle geld bestuur.

Ons sien dit veral baie by mense wat vinnig baie geld gemaak het, hulle verloor dit net so vinnig. Of mense wil hulle geld aan hierdie kant maak – dis hoekom jy ongelukkig al hierdie skemas kry wat mense in belê. Hulle is nie bereid om die tyd te vat om hulleself te verbeter nie.

Daar waar jou kundigheid is, daar waar jy regtig jou geld maak, dit is die belangrike deel.

Deel die artikel

Méér artikels

Scroll to Top