Wonderwerke gebeur nog steeds

Wonderwerke gebeur nog steeds 

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jesaja 53:5) 

Toe ons oudste seun op agt jaar breinvliesontsteking kry, wou die vrees my van alle kante af versmoor. Die nuus dat twee kinders in die dorp reeds daaraan gesterf het, het versprei en almal was bewus dat daar ’n epidemie in die dorp was.

Ons huisdokter, ’n huisvriend, was deeglik bewus daarvan dat ons nie in daardie stadium ’n mediese fonds gehad het nie. Hy het sonder versuim vog uit Boeta se rugmurg getrek om te toets vir breinvliesontsteking. Teen laatmiddag het hy ons gebel met die nuus dat dit positief is. Hy sou ons kans gee tot die volgende oggend vroeg. As Boeta dan steeds geen vog inhou nie, sou hy hom in die hospitaal moes laat opneem.

In daardie stadium kon hy niks inhou nie en was so swak dat hy nie kon loop nie. Nodeloos om te sê dat ons dadelik vir hom begin bid het. Ons het ons kinders geleer om ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top