Wat maak jou lewe die moeite werd - CRYSTAL-DONNA ROBERTS

Om agter te kom hoe sterk jy eintlik is

Aktrise en aanbieder CRYSTAL–DONNA ROBERTS is ’n klein pakkie met groot trefkrag. Sensitief, maar sterk. Soms bang, maar nooit oorweldig deur vrees.

Goeie rolmodelle leer ons om sterker te wees

Ek was skaam en teruggetrokke as kind, maar ook baie nuuskierig. ’n Dromer in haar eie wêreld, maar ook ’n waarnemer wat alles en almal fyn dopgehou het.

Dis dalk hoekom die invloed uit hierdie vormingsjare so ’n blywende impak gehad het.

Al die ure se fliek-kyk het ’n liefde vir toneelspel en stories gekweek. Ná The Terminator was Ariel van The Little Mermaid en Belle van Beauty and the Beast my heldinne. Free Willy het weer sirkels in my verbeelding geswem.

Die indruk is ook vasgelê dat níks ’n vrou kan onderkry nie.

Wanneer ’n mens omring word deur sulke rolmodelle – op die TV-skerm en in die regte lewe – is dit moeilik om anders daaroor te dink.

Ouma, Ma, tannies … daar is net sterk vroue in die familie. Nie een is broos of pieperig nie. Elkeen het ’n tawwe streep en ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die TV-aanbieder en komediant ALVIN BRUINDERS word veral onthou vir die komedie-reeks Vetkoekpaleis. Hy gesels oor terugslae en ook sy positiewe uitkyk op die lewe. ...

IVOR SWARTZ is ’n motiveringspreker en jeugpredikant by NG kerk Oosterlig, Pretoria. Hy kyk ondanks moeilike omstandighede, groot foute en swak keuses wéér die lewe ...

Scroll to Top