Kitsnagereg in ’n koppie
Vinnige, gesonde nagereg-opsie
Kitsnageregte word gewoonlik gekoppel aan ’n oormaat suiker, te veel kalorieë en vet en is meestal ongesond.
Dié kitsnagereg in ‘n koppie is nie net lekker nie, maar dit is laag in kalorieë, laag in vet, én bevat geen suiker, geen koring en geen gluten nie.
Nou kan jy in die gemak van jou eie kombuis of vinnig by die werk, in slegs 90 sekondes ’n heerlike, gesonde, maklike en vinnige nagereg-opsie sonder die skuldgevoel geniet!
Die Splinternuwe Jy Kitsnagereg In ’n Koppie is perfek vir mense wat aan diabetes ly, wat gluten- of koringweerstandig is of wat net ’n gesonde soet peuselhappie met minder vet en kalorieë verkies.
Dit is baie maklik om te maak!
Meng 3 opgehoopte eetlepels poeier, 5 eetlepels water en 1 eetlepel olie, plaas die beslag in ’n gesmeerde groot koppie en plaas in die mikrogolf (gestel op hoog) vir 90 sekondes.
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...
Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...