Belangrike gesprekke om met jou kind te hê
- Oulike ma
- Ilette Coetzer en verwerk deur Ilze Ludick.
Verkeerde maats, drank, seks, geld… Klink dit soos ’n spanningsfliek? Nee, dís die uitdagings wat jou kind beslis êrens langs die pad gaan teëkom.
Hê ’n gesprek met jou kind oor sosiale uitdagings
Ons moet almal sekere lesse leer soos ons die lewenspaadjie stap. Die lesse se inhoud verander ook soos die tye verander.
Dit was dalk nie in jou tyd so nie, maar onthou, een van jou kind se sterkste behoeftes is om in te pas; daarom is dit vir haar baie makliker om ja as nee te sê, al weet sy dit is verkeerd.
Daar is situasies waaroor jy en jou kind vir seker ’n gesprek sal moet voer. Goeie kommunikasie, geduld en onvoorwaardelike liefde kan alles te bowe kom. Wees geduldig met jouself en met jou kind!
“Hoekom moet ek eers wag met seks?”
Die ou reël geld: Wees eerlik en antwoord net op wat gevra word. Kinders word deur die media gebombardeer met inhoud van ’n seksuele aard, en hulle kry ook verkeerde inligting by hulle maats. Gebruik dit as ’n aanknopingspunt om met ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...
Daar is baie opinies oor kinders grootmaak; tog bly sekere basiese dinge belangrik. Gebruik reëls, roetine en rituele vir ’n gelukkige, gehoorsame kind. Duidelike reëls ...