Maak jou kind reg groot

Maak jou kind reg groot

“Maak ek my kind reg groot?” Dit is ’n vraag waarmee elke ma worstel. Só kry jy jou kroos lag-lag reg vir die lewe.

Laat jou kinders veilig voel by jou

Jou kinders sal hulle nie altyd perfek gedra nie. As jy egter konsekwent bly, is jy goed op pad om ’n gelukkige, goed aangepaste kind groot te maak.

Laat jou kind veilig voel by jou. Jou kind wil weet daar is iemand in die wêreld wat betroubaar is, iemand op wie hy fisies en emosioneel kan staatmaak.

Probeer om elke dag minstens 15 tot 20 minute vir elke kind opsy te sit. Skakel die selfoon af en gee hom jou volle aandag.

Probeer die stres in jou gesin laag hou. As jy gespanne is, sal die hele gesin dit aanvoel en sal dit ook jou optrede as ouer beïnvloed. Dis heeltemal in die haak as daar ten minste een ouer is wat baie tyd saam met die kinders deurbring.

Moet nooit kinders se vrese afmaak as simpel of hulle dwing om hulle vrese trompop te loop nie. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Alle ouers vrees dat hulle kinders onder groepsdruk sal swig. Laat hulle voel dat hulle in die gesin tel, en die stryd is halfpad gewen. ...

Die Noordwes-Universiteit (NWU) ondersteun jou kind (en die groter gesin) in die oorgangsfase tussen kindwees en volwassenheid, sodat dit so kommervry en aangenaam as moontlik ...

Scroll to Top