Maniere om jou selluliet te verminder
- Lyfsorg
- Janine Janse van Rensburg, somatoloog
Selluliet beteken nie dat ’n mens oorgewig is nie. Verskeie faktore, soos vetselle, bloedsomloop en bindweefsel speel ’n rol.
Ons bindweefsel bestaan meestal uit kollageen en elastien, wat ’n soepel ondersteuningsnetwerk onder die vel vorm. Dit is soos ’n visvangnet wat in die water oopgegooi is – as die openinge eweredig is, kan water makliker daardeur vloei.
Tussen dié “openinge” lê, onder andere, ons vetselle. Hulle is eweredig versprei, en die bloed en die limf kan geredelik daardeur vloei om suurstof en nutriënte na die selle te vervoer en gifstowwe te verwyder.
Wanneer die vetselle meer vet begin stoor, word hulle groter en klou aan mekaar vas. Dit benadeel jou sirkulasie, want die bloed in die limf kan nie vrylik vloei nie. Die bindweefsel en selle ontvang nie genoeg nutriënte en suurstof nie en gifstowwe en ekstra vloeistof bou op.
Vetselle word gestoor in vertikale silindriese kanale wat aan die vel en die dieper lae van die weefsel heg. Die vergrote vetselle begin boontoe druk en die bindweefsel, wat vas is aan die vel, trek ondertoe, wat daardie bobeenkuiltjie-effek van selluliet veroorsaak.
Help ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...
Om te waag is om te groei. Dit kan egter gevaarlik wees om risiko’s te loop. Hoe leer jy jou kind om gesonde kanse te ...