Moet jy jonk wees om mooi te lyk en voel?
- Antwoorde op kwelvrae
- Mandi Baard, Sunet Vermaak en ander skoonheidskenners
Moenie teen jou ouderdom vaskyk nie. ’n Hoë syfer is nie iets om te vrees nie en beteken nie jy is oor die muur nie. Versorg jouself soos Mandi Baard, Chrisna Roos en ander skoonheidskenners en jaag jou drome na. Dit hou jou jonk en laat jou fantasties voel.
Lyf-issues kan ’n mens maklik pootjie. Miskien help dit as ons almal eerlik hieroor is en met mekaar hieroor praat (en lag). Niemand word van ouer-word kwytgeskel nie.
Verbeel jou jy moet sonder grimering by ’n fotosessie vir ’n tydskrif se voorblad opdaag … Ek moes!
In my sensitiewe twintigs sou ek dit nooit kon doen nie, maar in my laat dertigs het my ingesteldheid oor my lyf heeltemal verander.
Om gemaklik en gesond in my vel te wees, is beter as om perfek te probeer lyk. Moenie toelaat dat ander mense se standaarde jou definieer nie.
Jou lyf is ’n geskenk. Dis net joune en jy kan kies om dit op te pas of te verniel. Daar is nie ’n towerresep vir kitsgesondheid nie. Probeer maar werk aan balans, sonder om jouself te ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Maak jou reg vir iets beters en leef met nuwe geesdrif en uithouvermoë – ongeag jou ouderdom. Wie wil eendag terugkyk en sê: “Ek wens ...
Veranderings wat jy vandag in jou leefstyl maak, kan oor baie jare vorentoe sorg dat jou liggaam stadiger verouder en jou risiko vir siektes verminder. ...