My man en beste vriendin het ’n affair gehad

My man en beste vriendin het ’n affair gehad

Ek het vermoedens gehad. Enige vrou sou. Maar dit is maklik om te maak of jy nie weet nie. Jy verkies om al die tekens van ’n affair mis te kyk.

Die verlies van jou man en vriendin deur ontrouheid

Catherina was my beste vriendin. Ons het geheime gedeel en was saam laf. Sy was medisyne vir my hart, maar hierdie keer ook gif.

Sy en my man het ’n kantoor gedeel. Natuurlik sou daar stories wees, het ek myself getroos. En ons kon mos daaroor praat.

“Nooit,” het sy elke keer belowe. Nooit, ooit nie. Ek kon hulle saam vertrou, het sy gesê.
Tot my bittere, bittere spyt.

Sy was my klankbord en het altyd geluister. Dalk het ek te veel op haar staatgemaak. Eerder met haar gaan praat as om te bid.

Dit was verby tussen ons het hy op ’n dag gesê en uit die huis getrek. Ek wou haar vermoor.
My emosies was ’n gemors. Min het ek toe geweet dat pyn die Here se manier is om jou teen Sy bors vas te trek.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!