Só bly ek fiks vir die lewe
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal uit te leef.
Maak tyd om jou gesondheid en welstand te prioritiseer
Fisieke fiksheid hou definitief voordele in as jy ’n bedrywige leefstyl handhaaf, maar jou siel en gees moet ook oefening kry.
Probeer daarom om die perfekte balans te kry tussen werk, gesondheid, verhoudings, geloof en selfsorg.
Wanneer jy na jouself omsien, voel jy stabiel en in beheer. Die meeste vroue kyk beter na ander as na hulleself en ek is self skuldig hieraan. Ons is versorgers, maar in die proses skeep ons onsself af, veral wanneer dit dol gaan.
Dit is belangrik om tyd te maak vir jouself en om jou gesondheid en welstand te prioritiseer, net soos wat jy met almal anders doen.
Stres kan jou siek maak as jy dit nie reg hanteer nie. Vir my begin alles in jou kop en by die keuse om nie toe te laat dat ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
LIZETTE VOLKWYN se passie is om mense te help om hulle volle potensiaal te bereik. Sy voel dit is haar lewensdoel om vir ander hoop ...
PALESA MATJEKANE is aangewys as een van die land se mooiste vroue. Sy is passievol daaroor om ander te bemagtig en hulle selfvertroue ’n hupstoot ...