Hoop is die taal van my hart
- Mense wat inspireer
- Nadia Beukes
NADIA BEUKES is ’n aktrise, aanbieder, en ma van twee klein lyfies. Geen negatiewe gedagtes kry vastrapplek in haar hart nie. In plaas daarvan om verskonings te maak, glo sy in deurbrake en nuwe geleenthede.
Hoop is die lig aan die einde van ’n donker tonnel.
Om te weet dat daar iets beter is wat vir my wag ... Die wete dat ek om die volgende draai ’n rigtingwyser sal vind – dit gee my krag om die een voet voor die ander te sit.
Hierdie bakens is geliefdes, geleenthede en verantwoordelikhede. Mense wat my motiveer om uit te hou en aan te hou. As ’n mens die regte rigting inslaan, maak jy jou gereed vir oorwinning en groei.
Daar was al verskeie uitdagings wat my wou onderkry en my lewenslus wou steel.
Soms moet ’n mens net opstaan, aantrek en opdaag. Al is dit al wat jy gedoen kry, is dit ’n tree in die regte rigting.
Al lyk ons lewens vir ander piekfyn, werk dinge nie altyd uit soos ons beplan nie. Dis wanneer ’n mens moet onthou ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...