Die lewe gaan (ook) oor gelukkig wees’

LINDIE STRYDOM | Vind vreugde en geluk in die klein oomblikke 

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste dingetjies. 

Vir my is die mooiste mooi… 

as my kinders lag, maar soos my man sê: “Ons lag saam met mekaar, nie vir mekaar nie.” In ’n ernstige wêreld is dit vir my lekker om te sien dat die kinders dinge geniet. 

Ek raak opgewonde wanneer… 

ek die Here se noukeurigheid in die kleinste besonderheid sien. Ons spartel en spook met ’n klomp goed, maar Hy kan baie dinge gelyk doen, alles fyn verweef met mekaar. 

My lekkerste dag is… 

die een of ander opwindende avontuur saam met my gesin, selfs op die ingewing van die oomblik. Soos wanneer ons op vakansie skielik besluit om ons tekkies aan te trek en met ’n bospaadjie langs te gaan hardloop. 

Wat my die gelukkigste maak, is… 

as ek weet ek is gehoorsaam aan dit wat Hy op my hart lê om te doen. Dit verg ’n goeie skoot dapperheid, maar saam ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

JOANI JOHNSON, ’n voormalige Mev. Suid–Afrika, is ’n entrepreneur met ’n hart vir mense. Sy wil graag haar skoonheidsplatform gebruik om vroue te bemagtig. Hê ...

Scroll to Top