HOE OM… … vergenoeg te wees
- GeloofsLES
- Karien Basson
Niemand spring probleme vry nie. Die kuns is om die klein dingetjies te waardeer en te lag oor die dag wat kom, glo KARIEN BASSON.
Wees dankbaar en sien elke dag as ’n geskenk
Ek sien onlangs ’n kleurryke yskasmagneet in ’n winkel. Volgens die magneet moet ’n mens, as jy gelukkig wil wees, nie ooremosioneel wees nie, maar glo en vertrou. Jy moet nooit moed opgee nie, maar aanhou probeer.
Moenie dinge onnodig kompliseer en te ernstig opneem nie; hou dit maklik en lag vir probleme. Behou jou kinderlike onskuld en vreugde!
Ons het ’n leuse in die huis wat lui: “If it’s worth laughing about later… it’s worth laughing about it now!”
Het jy al ooit ondervind dat jy ná maande van ’n moeilike tyd in jou lewe kan terugkyk en glimlag, selfs lag oor wat gebeur het?
Dit is omdat die moeilikste tye in jou lewe jou karakter die meeste vorm en bou. Elke ondervinding van die verlede het jou die mens gemaak wat jy vandag is.
Jy loop miskien met baie ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...
Grappies oor skoonma’s is volop, maar ’n lewe saam met jou man se ouers kan allesbehalwe ’n grap wees. Hier is raad vir skoonfamiliepyne. Kritiek ...