Baklei minder met jou kinders

Baklei minder met jou kinders

Rusies met jou kinders is so uitputtend. Oor huiswerk, slordige kamers, daardie slimfoon aan tafel... Miskien is dit tyd om die wapens neer te lê.

Jy kan beheer neem sonder om te veg

Jy weet hoe die gedurige bakleiery jou ontstel en uitmergel. Dit veroorsaak ’n dik atmosfeer en dik monde. Die ergste is dat ons nie altyd besef hoe skadelik hierdie patroon van vuurwarm rusies vir ouers en kinders kan raak nie.

Later begin jou kind jou as die vyand beskou eerder as ’n sterk ankerfiguur wat hom moet lei en ondersteun. Jy kan nie alle woordewisselings voorkom nie, maar jy kan die hoeveelheid en die intensiteit daarvan beheer. En natuurlik die skade wat dit aanrig.

Elke argument bevat twee komponente: ’n uitdrukking van ’n bepaalde gevoel en ’n versoek. Die argument-gesprek sal nie jou as ouer se besluitnemingsgesag ondermyn nie.

Dit gebeur wel as die argument-verset-situasie hom voordoen. Dis dié tipe redekaweling wat wrywing in gesinne veroorsaak. Jou kind wil tot elke prys sy sin hê, terwyl jy probeer om jou standpunt en besluite te regverdig.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!