Is jou ambisie jou tyd werd?

Is jou ambisie jou tyd werd?

Ambisie is daardie energie of indringende behoefte wat jy binne-in jou het wat jou dryf om iets meer besonder of merkwaardig met jou lewe te doen.

Veronderstel vir ’n oomblik jou lewe sonder enige ambisie ...

Jy het geen droom, geen dryfkrag, geen motivering en geen passie wat jou rig nie. Jy volg ’n daaglikse roetine waar jy slegs jou verpligtinge nakom en jy “hoop maar vir die beste”.

Napoleon Bonaparte het gesê: “Ambisie is ’n leierskapspassie wat na goeie of slegte dade kan lei. Dit hang alles af van ’n persoon se karakter en lewensbeginsels.”

Ambisie kan dus ’n positiewe of negatiewe impak maak.

Dink aan Hitler. Hy het baie ambisie gehad, maar dit vertel ’n storie van ’n wrede geskiedenis en diep wonde in die lewens van miljoene mense. Ambisie kan lei tot uitermatige selfsug, ongeduld, korrupsie en onmeetbare kollaterale skade aan menseverhoudings.

Paulus gee goeie raad in Romeine 12. Hy sê: “Moenie na hoë dinge streef nie.” Hy praat hier met die Romeinse gemeenskap – ’n crazy busy stad wat deur baie ambisieuse mense bewoon word.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

RIANA NEL weet waarheen om te gaan om op elke gebied vrede, geluk en sukses te vind. Sy vind dit in die teenwoordigheid van die ...

Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!