Lynette Beer

Keuses wat jou lewensgeluk kan beïnvloed 

Daar is keuses wat ons dikwels onbewustelik maak wat kan bepaal hoe lank en gelukkig ons gaan lewe … 

Om ’n huis te koop of in iets groot te belê, mag jou dalk baie geld en slaaplose nagte kos, maar jou grootste keuses gaan nie noodwendig die beduidendste effek op jou lewe hê nie.

Besluit om met integriteit te lewe. Wees eerlik met almal, maar veral met jouself. Oneerlikheid kan jou siek maak.

Kies die woorde wat jy in jou gesprekke (veral die met jouself) gebruik. Verban begrippe soos “blaam” en “verwyt”, “verdien” en “dit is my reg” – dit het niemand nog iets in die sak gebring nie.

Kies om te luister wanneer iemand met jou praat. Moenie dink aan wat jy gaan antwoord nie, maar luister om te hoor wat die persoon wil sê. Wees 100% teenwoordig met ’n oop gesig wat sê, jy is vir my belangrik, jy het al my aandag.

Besluit om jou wysheid na te laat. Neem die lesse wat jy geleer het met jou saam. Leer dit ook vir jou kinders, maar nooit die swaarkry nie. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...

Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...

Scroll to Top