[VIDEO] Roetine kweek orde en karakter

Dis gewone take soos tande borsel en huiswerk doen wat ’n ma grys hare gee as Boeta bly uitstel, veral as almal in die huis ’n bedrywige program het.

Mense is geneig om weg te skram van roetine af, nogtans het ons almal sekere vaste gewoontes. Ons staan op, trek aan, eet en borsel tande. Jy verrig take of aktiwiteite op dieselfde manier en op min of meer dieselfde tyd van die dag.

My man sit byvoorbeeld elke dag sy sleutel, beursie en selfoon op presies dieselfde plek neer. Dit beteken dat hy nooit hoef rond te skarrel op soek daarna nie.

Hierdie goeie gewoonte is deel van sy daaglikse roetine en maak beslis sy lewe makliker. Ek aan die ander kant moet omtrent die huis omkeer om my motorsleutel of selfoon te kry voor ek in die pad kan val.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Lynette Beer

[Episode 8 – Video-reeks: Geheime rakende persoonlikheidstipes] [Lynette Beer] Is jy dalk ’n Geruste Groen? Hulle is introverte. Hulle is verhoudingsmense. Hulle sien die glas ...

Wouter Snyman

Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy ...

Gretha Wiid

As jou huwelik al ontrouheid moes trotseer, weet jy dis een van die seerste dinge in die lewe. Maar daar is hoop – dis moeilik, ...

Scroll to Top