Vertrou God met jou toekoms
- #StilwordSondag
- Jana du Plessis
Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. (1 Petrus 5:8-9)
Om God onvoorwaarlik te vertrou vir die toekoms is nie altyd maklik nie. Ons wil maar altyd graag situasies in ons eie hande neem. Ek moes hierdie baie belangrike lewensles leer in ’n bitter moeilike tyd in my lewe – ’n derde keer ’n kankerdiagnose. Ek het teen my situasie en my plate van daardie dag vasgekyk. God het egter vir my kom wys dat Hy in beheer is, en nie ek nie. Daarom moet ek wegkyk van my situasie en opkyk na Hom.
Dit is sekerlik die moeilikste ding vir ons as mense om God onvoorwaarlik te vertrou, want ons wil dinge keer op keer self uitsorteer. ’n Baie moeilike en baie lang operasie het gevolg. Daar is bepaal dat die “kol” op my longe nie gevind kon word nie. Hier het ek geleer om Hom onvoorwaardelik te vertrou. Die oomblik toe ek wegkyk van daardie kol op die plate en opkyk na God, was Hy in beheer.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: ...
Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. (1 Johannes 3:11) Soms is ons geneig om ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!